

ILANI SE SJOKOLADE-FUDGE KOEK
Deeg:
1 koppie koekmeel
1 koppie strooisuiker
2 teelepels kakao
2 teelepels bakpoeier
¾ teelepel sout
1 koppie olie
4 eiers
½ koppie louwarm water
Plaas alles in mengbak en klits goed vir 2-3 minute.
Skep in gesmeerde oondpan en bak teen 180ºC vir 25-30 minute of tot gaar.
Sous:
1 blik Nestle room
1 koppie suiker
2 teelepels kakao
200 ml Stork margarien
Plaas al die bestanddele in ‘n kastrolletjie en laat prut vir 5-8 minute.
Sodra koek uit die oond kom, prik met vurk en giet warm sous oor.
(Jy kan ook 150 ml Likeur van jou keuse byvoeg sodra jy dit van die stoof afhaal, net voordat jy dit oor die koek giet).
Dit kan ook as nagereg bedien word saam met roomys. BAIE LEKKER!!
Bron: Ilani
Foto: Bets Lourens






