HEERLIKE ARM MANS POEDING
Wie kan die poeding onthou die oumense het dit arm mans poeding genoem. Ek het jare gesoek vir die resep en uit eindelik gekry en hy het die eerste keer reg uitgekom en is heerlik. 10/10 vir die poeding
STROOP:
1 en n kwart koppie suiker,
3 Koppies water,
1 teelepel botter,
1 teelepel stroop
Bring tot kookpunt
Beslag:
11/2 eetlepel botter
1 1/2 eetlepel stroop
1 1/2 koppie koekmeel
1/2 koppie melk
1 1/2 teel gelyk vol koeksoda
1/2 teelepel gemmer
2 eetlepels appelkoos konfyt
Mens beslag en skep lepels vol op stroop en kook stadige hitte vir +- 1 uur.
NOTA: ek het deksel opgesit moet maar net dop hou my sous het tot bo geborrel toe het ek hom net so baie klein skrefie oop gemaak. Maar dit was na die deeg gerys het
Heerlik
Foto en Resep: Anna Korff
Floraine Wasserman Venter
‘n Baie lekker variasie is as jy 250 ml vrugtekoek mengsel inroer, gebruik dan 200 ml melk en bedien met brandewyn sousie, die gemmer is dan ‘n moet