

HEERLIKE ARM MANS POEDING
Foto en Resep: Anna Korff
FOOD LOVERS RECIPES
Wie kan die poeding onthou, die oumense het dit arm mans poeding genoem. Ek het jare gesoek vir die resep en uiteindelik gekry en hy het die eerste keer reg uitgekom en is heerlik. 10/10 vir die poeding.
STROOP:
1 ¼ koppie suiker
3 koppies water
1 teelepel botter
1 teelepel stroop
Bring tot kookpunt.
BESLAG:
1 ½ eetlepel botter
1 ½ eetlepel stroop
1 ½ koppie koekmeel
½ koppie melk
1 ½ teelepel gelyk vol koeksoda
½ teelepel gemmer
2 eetlepels appelkoos konfyt
Meng beslag en skep lepels vol op stroop en kook op stadige hitte vir ± uur.
NOTA: ek het deksel opgesit moet maar net dop gehou word, my sous het tot bo geborrel, toe het ek hom net so baie klein skrefie oop gemaak. Maar dit was na die deeg gerys het.
Heerlik







geskuif
Floraine Wasserman Venter
‘n Baie lekker variasie is as jy 250 ml vrugtekoek mengsel inroer, gebruik dan 200 ml melk en bedien met brandewyn sousie, die gemmer is dan ‘n moet