

DRIKA SE SPINASIEROL
Kook spinasie tot sag, druk al die water af.
Braai uie, knoffel en sampioene wat opgekap is saam.
Skei 1 eier.
Meng spinasie eiergeel en uiemengsel saam.
Klop eierwit styf en meng met die spinasiemengsel.
Op ‘n oondpan le foil uit wat gesproei is met “cook n bake”.
Skep die mengsel op die foil en bak tot eier gaar is, ongeveer 10 min.
Nie te lank nie anders droog dit uit.
Strooi gerasperde kaas oor bak nog 5 min. vir kaas om sag te word.
Rol nou die spinasierol op (soos n swissrol).
Lyk pragtig en smaak heerlik.
Resep: Drika van Greunen






