

APPELKOOS-MANGO HOENDER
Ek gebruik gewoonlik hierdie resep en vervang die Mango sap met Appelkoos!
8 – 10 porsies hoender
1 pakkie “cream of mushroom” sop of uiesop
375 ml tamatiesap
375 ml Mango/Appelkoossap
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Rol hoender insoppoeier. Pak in oondbak en strooi res van soppoeier oor porsies.
Meng tamatiesap en vrugtesap en giet oor porsies. Bedek met deksel/foelie en bak vir 1 ½ tot gaar (so 15 min van baktyd oor haal ek gewoonlik dekse/foelie af en laat mooi bruin bak)
Resep – Hanlie Schneigansz






