

VINNIGE PIESANG ROOMYS
Druk 2 ryp piesangs fyn en voeg
1 teelepel suurlemoensap by.
Meng met 1 blik kondensmelk en ¼ teelepel sout.
Klop 2 koppies [500 ml] room styf en vou by kondensmelk mengsel in.
Skep in plastiekbak met deksel en plaas in vrieskas.
Roomys is so na 5 ure in vrieskas reg vir gebruik.
Resep geplaas deur Katrien Snyman
Foto: Rina Kleinhans






