


STRIKDASSIES MET MINI SOETRISSIES, BROCCOLI EN WORSIES
500 g strikdassie pasta
knippie sout
120 gr italiaanse worsies of enige worsies van jou smaak (haal velletjies af)
3 eetl vars geperste knoffel
1 koppie geroosterde mini soetrissies, skyfies gesny en velletjie verwyder
½ teelepel vars gemaalde swartpeper
½ teelepel rooi rissievlokkies
1 kg broccoli blommetjies, sny in stukkies
½ koppie hoenderaftreksel
1 eetlepel olyfolie
1 koppie vars gerasperde Romano of Parmesan kaas
Kook pasta tot gaar maar nie pap nie
Dreineer en voeg pasta terug in kastrol.
Bedruip liggies met olyfolie, roer en sit deksel op.
Intussen, braai die worsies vir omtrent 5 min oor med hitte. Breek worsies met lepel terwyl jy dit braai.
Voeg knoffel, soetrissies, sout rissievlokkies en swartpeper by.
Prut vir nog so 2 minute en hou aan roer.
Verhoog hitte en voeg ½ kop aftreksel en pasta by.
Bedek en kook vir 2 minute.
Haal deksel af, roer terwyl dit nog kook om water weg te kook en broccoli gaar is.
Voeg broccolimengsel by kaas en pasta en meng liggies deur.
Drup nog so bietjie olyfolie bo-oor en bedien.






