


PETRE SE BEESSTERT
Aandete: Beesstert…. Murg sag…… Het so n bietjie laat begin met dit….
Beesstert
2 pakke beesstert
2 groot uie gekap
3 huisies knoffel fyn gekap
Grof gemaalde swartpeper en sout na smaak..
Vars roosmaryn takkies
½ teelepel fyn naeltjies
2 ½ koppies rooiwyn
Kook alles vir n halfuur saam.
Aartappels, geelwortels en greenpepper in stukke gesny. Heel knopie sampioene.
Voeg by en kook vir 15 minute..
Skep alles uit in n oondpan,maar los die sous in die pot.
Voeg nog 500 ml water by die sous asook nog n bietjie rooiwyn.
Maak in ‘n beker aan met water….
3 eetlepels koekmeel
3 eetlepels bisto
1 pakkie oxtail soppoeier
2 eetlepels tamatie pasta.
Voeg by sous in pot en kook tot verdik. Skep oor beesstert in oondpan en bedek met foelie.. Bak in oond vir om en by 2-2½ ure of tot sag..
FOTO’s EN RESEP: Petré Van Jaarsveld






