

KONDENSMELK SJOKOLADE BALLETJIES
40gr botter
40gr kakao poeier
1 blikkie kondensmelk
Klapper
2 teelepepels vanilla geursel
Kook botter, kakao en kondensmelk. ( Jy moet dit maar op ‘n lae hitte bly roer tot dit styf is soos fudge.)
Skep in ‘n bakkie, laat koud word in die yskas vir 4ure.
Meng die klapper en vanilla geursel in ‘n bord.
Haal die mengsel uit die yskas, rol balle in jou hand van ongeveel 1 eetlepel mengsel, rol in klappermengsel, en pak in ‘n houer wat goed seël.
Geniet.
Foto en resep: Cecil Dunhin






