

JOHAN SE DEURMEKAAR PYNAPPELTERT
1 pak Tennisbeskuitjies
1 blik kondensmelk
1 groot blik fyn pynappel
15 ml (3 teelepels) gelatien
1 pakkie suurlemoen jellie
60 ml suurlemoensap (100 kan gebruik word indien ‘n effens suurder tert verkies word)
Pak tennis beskuitjies enkel laag in bak.
Maak gelatien aan met so 50 ml kookwater en laat afkoel.
Maak jellie aan met res van kookwater (150 ml).
Klits kondensmelk en idealmelk saam met die suurlemoensap, voeg die jellie en gelatien by.
Meng goed.
Skep in tertbak en laat stol in die yskas
Resep en foto: Johan Coetzee






