
HOE OM SONGEDROOGDE TAMATIES TE MAAK
Halveer ferm ryp tamaties oorlangs en krap al die pitjies uit. Plaas die halwes op gesmeerde bakplate met gesnyde kante na bo.
Bedruip dit met bietjie sonneblom- of olyf olie en geur die liggies met sout en peper.
Strooi ook ‘n bietjie strooisuiker oor.
Droog die tamaties ‘n halfuur lank by 100°C uit en daarna by 70°C totdat dit droog en verkrimp lyk, maar steeds sag is, draai die tamaties af en toe om en druk dit met ‘n spaan plat wanneer die droogproses einde se kant toe staan.
Laat die tamaties afkoel.
Besprinkel met bietjie wit asyn en druk dat daarna droog met papierhanddoek voordat jy dit verpak.
GEBRUIKE:
Pak gedroogte tamaties in ‘n fles, voeg geskilde knoffel, ‘n paar peperkorrels en vars kruie soos roosmaryntakkies en lourierblare by en vul die houer tot 2cm bo-kant die tamaties met olyf- of sonneblomolie.
Bewaar op ‘n koel, donker plek.






