


HEERLIKE SPONSKOEK
6 eiers geskei
1 en half kop strooisuiker
Meng goed in menger tot lig en donsig
Gooi dan 1 kop kookwater en 1 kop kook olie by en 1 teelepel vanilla – roer goed deur
Sif nou 2 koppies meel en 6 teelepels bakpoeier en sout saam
Skep lepels vol van die meelmengsel by die oliemengsel en meng totdat al die meel bygemeng is.
Klits eierwitte styf en roer deur met lepel
Gooi in panne en bak by 180 grade C tot gaar
Toets om seker te maak dit is deur gaar.
Haal uit en laat koud word.
Versiering:
1 kp Woodenspoon wit margarine
1 kg versiersuiker
Vanilla
Ek sit klammigheid by met kondensmelk
Klits als goed saam en daar is dit…..heerlik!
Resep: Johan Snyder en Annamarie Coetzee
Foto:Doreen Visser – met fondant versier
2de foto: Annamarie Coetzee






