FRIKKIE SE GROOTMAAT PANNEKOEK
500 PANNEKOEKE
Klits saam:
40 eiers
10 liter water
2.5 liter olie
2.5 koppies wit asyn
10 teelepels sout
Voeg 40 koppies koekmeel bietjies bietjies by en meng.
Voeg 20 teelepels koeksoda en 20 teelepels bakpoeier by en meng deur.
Laat staan oornag.
Meng deur. Belug weer deur ‘n sif. Bak soos gewoonlik.
Ek bak die resep so vir kerkbasaar.
Vir huisgebruik deel ek alles deur 10 – Maw:
4 eiers
1 teelepel sout
1 koppie olie
¼ koppie asyn
1 liter water
4 koppies koekmeel
2 teelepels koeksoda
2 teelepels bakpoeier
NOTA: Ek vervang soms die asyn met ‘n tot brandewyn en ‘n knippie neutmuskaat
Resep: Frikkie Jones