
DADELYSKASKOEKIES
250 g dadels, gekap
125 ml neute, gekap
1 pakkie Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek
250 g versiersuiker
125 g botter of margarine, by kamertemperatuur
80 ml brandewyn of soetwyn
Meng dadels, neute en Mariebeskuitjies saam. Voeg versiersuiker by en meng.
Voeg sagte botter of margarine en wyn by en meng goed met res van bestanddele.
Versprei mengsel egalig in `n goedgesmeerde glasbak of bakplaat. Laat oornag in yskas. Sny in blokkies en berg.






