

CHANTELLE SE VINNIGE PASTA-GEREG
Ek het vandag iets anders probeer, ek het die macaroni in die vleis sous gekook soos daai boksies Boloroni wat mens in die winkels koop.
Ek het n ui, groenpeper en gerasperde wortel gebraai, die maalvleis met sout, pepper en Worcestershire sous bygegooi, gebraai to lekker bruin, 1 blik heel tamaties, 2 blikke water en n klein blikkie tamatie puree by geroer. Toe dit lekker dik gekook het, 1.5 liter kookwater en n pakkie rou macaroni in gegooi. Na so 10 minute was die macaroni sag en dit smaak heerlik. Als in een pot!!
Vinnige resep vir as die tyd min en die magies honger is
RESEP EN FOTO: Chantelle Venter






