

SAK-EN-OOND GEBAKTE TUNA FILLETS
Baie mense weet nie wat om met vars tuna te doen nie.J a dit is ‘n droee vis en het groot vlokke. Omdat dit ‘n rooivleis vis is, behandel ek hom soos rooi vleis, maar gebruik ‘n hoender marinade.
1 kg vars tuna fillet
4 eetlepels botter
3 eetlepels suurlemoen sap
2 eetlepels broodmeel
1 eeetlepels gekapte knoffel
1 teelepel mixed herbs
1 teelepel gerookte paprieka
½ teelepel sout
½ teelepel swart peper
1 teelepel mixed spices
En nou die geheimpie?
Knorr cook~in~bag BBQ Flavour vir hoender.
Dit is ‘n pakkie met marinade poeier en so ‘n oondbestande plastiek sakkie.
Gooi die marinade poeier saam met al die ander bestanddele en meng dit met bietjie rooiwyn of water tot dit lekker dik en smeerbaar is.
Gooi die fillets nou in ‘n bak of houer en gooi al die marinade bo-oor die tuna en laat dit vir so ‘n uur of twee rus in die yskas, draai die vleis so nou en dan sodat die mooi kan marineer.
Reg nou na so ‘n uur of wat is jou oond klaar gestel op 180°C. Jou oondrak moet laag genoeg wees sodat as die sak opstoom dit nie bo aan die stoof raak nie.
Vat nou ‘n glas oondpan groot genoeg om al die fillets te kan dra.
Sit die hitte bestande plastiek sak nou mooi in die pan en sit al die fillets netjies lang mekaar binne in die sak.
Skep die res van die marinade oor die tuna uit en maak die sakkie mooi toe. Bak in die oond vir 35 min en na 35 min kan jy die stoof van bake af haal en dit vir nog 10 min grill van bo af’ op 180°C.
Haal dit uit en bedien met enige iets. Gooi die sousie wat in die sak oor is bo-oor die tuna as jy dit bedien.
Mens kan so baie doen met dit selfs al is dit koud uit die yskas uit.
Onthou die sak moet nie an die kante van die stoof raak terwyl dit bak nie die sak sal dan brand en afblaas. Sappig en proe soos skaap.
Resep en foto: Cobus Erasmus






