

PERSKE TERTJIES
Dis baie eenvoudig om te maak.
1 rolletjie puff pastry
4 perskes, in dun skyfies gesny
strooisuiker
appelkoos konfyt
water
Voorverhit oond tot 200°C.
Sny die deeg in die helfte deur die lengte en in derdes deur die breedte.
Plaas op ‘n silicon mat of wax paper.
Plaas die gesnyde perskes in die middel.
Onthou om so 1 – 2 cm spasie oop te los reg rondom, sodat die deeg kan rys.
Druk ook gaatjies in die middel sodat daar nie rys nie.
Strooi halwe eetleper strooisuiker oor die perskes.
Sit in die oond vir 12 – 15 min.
Laat goed afkoel.
In ‘n klein pannetjie, meng 2 eetlepels appelkooskonfyt en 1 eetlepel water.
Laat die konfyt smelt (moenie dat dit begin kook nie).
As die tertjie afgekoel het, smeer dan met die appelkooskonfyt.
Geniet met bietjie room!
Resep en foto: Carla-Lee Goosen






