

MARLIZE SE AARBEI TERT
I blikkie ideal melk yskoud
2 pakkies aarbei jellie
1 blikkie ingelegde aarbeie
2 pakkies tennis biscuits
Dreineer aarbeie en verhit die sap. Meng 2 pakkies aarbei jellie met verhitte sap. Laat afkoel. Klits idealmelk styf. Klits aarbeie by. Klits jellie mengsel by. Pak laag beskuitjies en helfte van aarbei mengsel bo-op. Herhaal. Strooi fyngemaakte beskuitjies bo-oor. Verkoel in yskas tot gestol.
Resep en Foto: Marlize Williams






