

MARIANNE SE BRAAIKOOL
Braaikool:
Ek gebruik primecut bacon en sny so 1/4 k van die vetkant af en kap fyn.
Braai die baconvet uit en braai dan fyn gesnipperde koolrepies saam met uie in die baconvet.
Wanneer kool gaar maar nog ferm is, voeg bellpeppers wat in klein blokkies gesny is by. Ek gebruik groen en rooi. Dit moet maar stadig braai sonder n deksel anders maak dit stoom.
Geur met growwe swart peper en sout na smaak.
Ek krummel so 1/4 hoenderblokkie bo-oor en roer in.
FOTO EN RESEP: Marianne de Beer
Brenda Schoeman – Gooi olie in ‘n kastrol, gooi die kool in saam met uie roer braai dit tot dit mooi bruin gebraai het, gooi sout en peper na smaak in, sny aart in blokkies gooi dit bo op die kool en dan water net dat die aart toe is en kook tot sag. Geniet dit dis baie lekker
Chantelle Venter – Ek maak so n kerrie braaikool, braai n ui met bietjie mosterd saadjies en kerrie blare, 2 heel droe rooi chillies en n fyn ui, as dit lekker ruik en die ui is deurskynend, gooi die kool en n teelepel vars gerasperde knoffel en gemmer by, gooi so n knippie borrie en sout na smaak by en braai nou tot die kool lekker gaar is en enige water van die kool verdamp het.
Liesie Nel – Ek maak braaikool met uie en gooi lekker sout, peper en kerriepoeier by. Dan volg pynappelstukkies. Roerbraai tot kool gaar is. Ek het die resep by my huishulp, wat afgetree het na 27 jaar diens, gekry. Ons noem dit Gladys se Kool.






