


LUCIA SE KERRIENOEDEL SLAAI
500 g skroef noedels
1 groen soetrissie
1 ui
250 ml tamatiesous
125 ml asyn
125 ml olie
200 ml suiker
30 ml kerrie poeier
peper
Tobasco (na smaak)
Kook noedels tot gaar en laat afkoel.
Sny ui en groen soetrissie in blokkies en voeg res van bestandele by.
Meng goed.
Voeg afgekoelde pasta by soetrissie mengsel.
Laat oornag in yskas.
Bron: Lucia Visagie
Foto: Ronell Muller Boshoff – Ek verdubbel net my sous op ‘n pak noedels anders is dit te droog.
Yolande Kruger – gebruik dieselfde resep maar sit perskes in blokkies in by saam die ui en greenpepper. dus ñ wenner elke keer.






