CARIEN SE NOEDELSLAAI
1 pak 500g skroef noodles (of die gekrulde pypies)
1 blik crushed pynappel
1 pak 250g bacon bits
1 klein bak 150g fetakaas
Driekwart blik kondensmelk
Halwe bottel mayonaise
Melk soos nodig
Sout en peper
Kook pasta tot gaar (soos jy daarvan hou naar nie te pap nie, dan breek dit as meng)
Braai bacon tot gaar
Dreineer die pynappel
Sny die fetakaas in blokkies
Sous: meng mayonaise en kondensmelk en meg melk by sodat hy meer loperig.
Meng bacon, pynappel, feta en die sous.
Sout en peper na smaak
Meng die pasta by.
Di bacon en pasta hoef nie afgekoel te wees voor jy sit meng nie. Die slaai is lekker warm of koud. As volgende dag bietjie droog vertoon, kan bietjie melk deur gemeng word.
Bron: Carien Louw le Roux
Foto: Marika Tegmann