

CARIEN SE NOEDELSLAAI
1 pak 500g skroef noodles (of die gekrulde pypies)
1 blik fyn pynappel
1 pak 250g bacon bits
1 klein bak 150g fetakaas
¾ blik kondensmelk
½ bottel mayonaise
Melk soos nodig
Sout en peper
Kook pasta tot gaar (soos jy daarvan hou naar nie te pap nie, dan breek dit as meng).
Braai spek tot gaar.
Dreineer die pynappel.
Sny die fetakaas in blokkies.
Sous:
Meng mayonaise en kondensmelk en meng melk by sodat hy meer loperig.
Meng spek, pynappel, feta en die sous.
Sout en peper na smaak.
Meng die pasta by.
Die spek en pasta hoef nie afgekoel te wees voor jy sit meng nie. Die slaai is lekker warm of koud. As volgende dag bietjie droog vertoon, kan bietjie melk deur gemeng word.
Bron: Carien Louw le Roux
Foto: Marika Tegmann






