
JOHAN SNYDER SE HEERLIKE KORS
Hier is die een wat ek gebruik
Kors
3 eiers
375 ml sonneblom olie
375 ml melk
360 ml koekmeel
3 ml sout
30 ml bakpoeier
Klits al die bestanddele vir die kors saam om ‘n sagte gladde deeg te vorm
Nota!!!
Die kors is so saam gestel dat dit in derdes werk
1, 2, 3 Eiers
125, 250, 375 ml Olie
125, 250, 375 ml Melk
120, 240, 360 ml Koekmeel
1, 2, 3 ml Sout
10, 20, 30 ml Bakpoeier
Hierdie is spesiaal gedoen sodat jy verskillende bakke kan gebruik, moenie kleiner gaan as ‘n bak van sowat 15 x 20 cm nie.
Jou bak moet ook redelik diep wees (10cm) omdat die kors redelik uitrys.
BRON – JOHAN SNYDER






