

JAN SE PERI-PERI HOENDER
1 kg hoender stukke
1 groot gerasperde ui
1 koppie tamatiesous
3 eetlepels Worcestersous
¼ koppie bruin suiker
½ koppie kook olie
3 mespunt Peri peri
Sprinkel Paprika en sout na smaak
Braai uie in olle tot lig bruin. Meng al die bestanddele saam in die gebraaide uie en meng goed. Kook hoender in water met sout tot gaar.
Haal gaar hoender uit en braai onder grill in die oond.
Sit die sous in groot pot en voeg die hoender stukke by en prut vir n’ paar minute.
Roer sodat al die hoender sous op kry en geniet saam met aartappels en rys.
Vir 1 kg hoender gebruik 3 mespunte Peri peri .
2 kg hoender 5 mespunte
3 kg 7 mespunte
Resep en foto: Jan Bezuidenhout






