

JACQUI SE MOSBOLLETJIES MET HANEPOOT MOS
2,7 kg koekmeel
15 ml sout
40 ml anys (kan uitlos)
130 g botter
4 eiers
3 koppies (750 ml) suiker
750 ml melk
4-5 koppies druiwe mos
Smelt botter in melk en haal van stoof(moet louwarm wees wanneer gebruik word) Sif droë bestanddele saam.
Klits eiers en voeg by meel, meng effe in.Voeg melk en botter mengsel by en meng lekker in.
NB: Mos moet kamertemperatuur wees.
Proe ook, moet so prik op tong dan is dit reg vir gebruik. Meng nou mos koppie vir koppie by.
Knie vir 25 min.
Deeg moenie aan hande meer vas sit nie. Bedek en laat rys tot dubbel(verkieslik oornag) in warm plek.
Sit doek of kombers oor. Volgende oggend knie af.
Smeer of spuit panne, weeg bolle af en pak in panne. Laat weer rys.
Bak by 180ºC vir 20 min.
Draai panne om en bak verder op 160 ºC vir 40 min tot gaar en bruin bo-op.
Smeer met gesmelte botter en suiker sodra dit uit die oond kom.
Resep en foto : Jacqui Weich






