

ANTON SE KOUEVLEIS ROL
1 kg gemengde kouevleis
2 rolle skilferdeeg
appelkooskonfyt
tamatiesous
mayonnaise
sweet chilliesous
‘n brand sousie, opsioneel
Snipper die gemengde kouevleis.
Neem die rolle skilferdeeg en rol dit oop. Smeer altwee rolle met ‘n lagie appelkooskonfyt.
Strooi die genipperde vleis oor die hele laag deeg.
Meng (hoeveelheid na eie smaak) die tamatiesous, mayonnaise, sweet chilliesous en ‘n brand sousie as jy daarvan hou in ‘n bakkie.
Smeer laasgenoemde bo-oor die vleis en rol die deeg op.
Druk die punte toe en seël die punt van die deeg teen die rol.
Pak dit op ‘n bakplaat saam met die ander een.
Steek net so 4 gate in met ‘n skerp mes wat nie die rol plat druk nie.
Sit in die oond vir 50 min teen 180°C.
Foto en resep: Anton Fourie






