

TRADISIONELE BLOOMER
Bestandele:
500 g broodmeel
10g pakkie droeë gis
15 g growwe seesout
320ml water. (Kraantemperatuur)
Een lekker glug virgin olyfolie
Metode:
Meng al die bestandele saam en knie vir omtrent 10 minute. Tot n mooi gladde deeg.
Laat rys in n bak bedek met kleefplastiek.. vir omtrent 45minute tot n uur.
Vou die deeg vir omtrent 5 minute en vorm die brood.. laat rys op bakpapier..
Ek sit dan my oond aan.. en die tyd wat die oond neem om warm te word rys die brood weer. Oond temp 240 C.
Net voor jy die brood laai gee dit 2 of 3 vlak snitte bo-op.. ekt vandag olyfolie en growwe sout opgesit. Jy kan ook net bietjie meel opsif
Wanneer die oond reg is kan jy n bakplaat gebruik om op te bak maar laat die bakplaat saam warm word.. dan “spring” jou brood beter.
Sodra jy jou brood in die oond laai gooi omtrent 100ml water in n bak onder in die oond om stoom te maak.. dit maak dat die brood mooier uitrys.
Bak teen 240C vir die eerste 10 minute en draai dan af na 220.. vir nog 20 minute.. klop die bodem om te toets of dit gaar is
Foto en resep: Francois Du Plessis






