


MACARONI AND CHEESE TWIST
Foto en resep: Phillip Snyman
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het bietjie besluit om my ouers te bederf met n lekker Macaroni and Cheese Twist
Resep:
Braai uie, knoffel en heel pitmielies in 3 eetlepels botter(of minder).
Vat n paar leftover tjops (jou keuse) en sny baie fyn en braai dan tot gaar.
Kook een pak Macaroni tot sag.
Sit enige barbeque sousie oor jou vleis en laat nog kook vir 10 minute.
Dreineer jou macaroni en meng dan saam met die vleis.
Rasper ½ blok kaas.
Skep die macaroni en vleis in ‘n oondpan van jou keuse.
Strooi genoeg kaas oor.
Laat bak vir 30 min. by 180ºC.






