

CHARMAINE SE KNOFFELBROOD
1 sakkie klaargemaakte deeg (by Pick n Pay) bakkery afdeling.
Druk platterig met hand in n reghoek (kan so effens rol ma nie
Te veel nie)
Smeer sagte botter sommer met skoon vingers mildelik oor
Kan dan enigiets na jou smaak oor gooi..
Soos gesnipperde olywe, kruie, kaas ens.
Ek het sommer baie v d gebottelde knoffel oorgestrooi
En ook knoffel en kruie spesery, dan gerasperde kaas.
Rol op soos n swissrol… Maak toe met clingwrap en pak in
Yskas vir so 15 min.
Sny skywe en pak plat met sirkels na bo in gesmeerde
oondbak. (So n brooddeeg pas perfek in die metaal oond
bak wat saam met stowe kom.
Los dan bedek in pan om te rys.
Verhit oond op 180 en bak dan vir 45 min tot mooi goud
Kleur. Ek het so na 30min in die oond nog biki gerasperde
Kaas bo-op gestrooi en terug in oond om die 45 min klaar
te bak. Te Heerlik!
Kan die deeg halveer en net n klein broodjie bak en ander
helfde verseel in sakkie in vrieskas bere vir ander dag!!!!!
FOTO EN RESEP: Charmaine Ludick Massey-Hicks






