

SILIKOON SJOKOLADEKOEK
1¾ koppie koekmeel
1½ koppie suiker
4 eiers geskei
½ koppie kakao
1 koppie melk
3 teelepels bakpoeier
¾ koppie kookwater
½ koppie olie
1 teelepel vanilla geurselVoorverhit oond op 180 ºC.
Maak kakao met kookwater aan.
Voeg olie, melk, en eiergele by kakoa.
Sif meel en droë bestanddele saam.
Meng die kakoamengsel by droë bestanddele.
Meng vanilla en eierwitte en klits tot styf.
Voeg eierwitmengsel by ander mengsel.
Ek gebruik platterige silikoon panne. Bak ongeveer 15 minute as jy net een pan op ‘n slag in die oond kan sit anders is dit droog. Toets middel met toetspen na 15 minute. My eerste een het te lank gebak en dit was vir 30 minute. 2de een van 15 minute was 100 %.
Eerste keer wat ek met die silikoon panne gebak het so ek vermoed die baktyd hang af van die panne.
Resep – Jonique Theron






