


PETRE SE MAKLIKE WORSROLLETJIES
Rol puffpastry oop, en rol ‘n bietjie uit, nie te dun nie
Lê die wors oor die lengte van die deeg
Trek n skerp mes oor die wors om die velletjie deur te sny
Rol om en trek die velletjie af, rol dan die deeg oor die wors vleis
Dit is rou wors
Sny in verlangde lengtes en vries
Kan lank hou in die vrieskas
Bak uit gevriesde stadium soos nodig
Bak by 180 ºC tot goudbruin.. neem gewoonlik so om en by 20 tot 25 minute.
Resep: Petré Van Jaarsveld
Foto: Meisie Van Der Colff







Geskuif.