

MUESLI BESKUIT MET BOSBESSIES
Resep en foto: Magda Van Der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
Sif saam:
2.5 kg bruismeel
10 ml sout
15 ml bakpoeier
Vryf die volgende by tot broodkrummel effek:
750 g bak margarien
Voeg die volgende by meelmengsel en meng goed:
4 koppies fyn All bran flakes
1 ½ koppie Jungle granola muesli
½ koppie sesame saad
¾ koppie sonneblomsaad
1 koppie droë bosbessies (cranberries)
Meng die volgende saam:
3 koppies suiker
3 ekstra groot eiers
¾ koppie sonneblomolie
1 liter karringmelk
Voeg droë bestanddele by karrinmelkmelkmengsel en meng tot sagte deeg. Verdeel in 2, druk in plat beskuitpanne en druk met beskuit drukker. Bak vir 35 min teen 180°C tot gaar.
Droog soos gewoontlik.







geskuif