

MALVAPOEDING MET BRANDEWYN
Resep geplaas deur Charmaine Doller Olivier
Foto: Charmaine Doller Olivier
FOOD LOVERS RECIPES
Genoeg vir: 8-10 porsies
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 45 minute
250 ml strooisuiker
2 eiers
15 ml fyn appelkooskonfyt
315 ml koekmeel
5 ml koeksoda
knippie sout
30 ml botter
5 ml asyn
125 ml melk
Sous
250 ml room
125 g botter
125 ml suiker
125 ml brandewyn
Voorverhit die oond. Klits die strooisuiker en eiers tot lig en romerig. Klits die appelkooskonfyt by.
Sif die droë bestanddele saam. Smelt 30 ml botter en meng dit met die asyn en die melk.
Vou die droë bestanddele en melkmengsel om die beurt by die geroomde bestanddele in. Giet dit in ’n gesmeerde oondbak en bak vir sowat 45 minute.
Berei die sous Plaas intussen al die sousbestanddele in ’n kastrol en roer tot die suiker opgelos is, maar moenie toelaat dat dit kook nie.
Prik die poeding met ’n vurk sodra dit uit die oond kom en giet die sous oor. Sit dit warm voor met room of vla.






