

MAKLIKE VLAKOEKIES MET VULSEL
Oond 180 ºC.
Room saam: Maak seker jy gebruik regte botter of bak margarine.
375 ml sagte botter
200 ml suiker
en 2 teelepels vanilla geursel
Voeg by:
625 ml gesifte koekmeel
4 teelepels bakpoeier
350 ml vlapoeier
en halwe teelepel sout
Opsioneel: Net indien nodig nadat jy die deeg goed met die hande bewerk het.
baie min melk of 1 klein eier
Meng die deeg met die hande, dit is baie belangrik, anders kon die deeg nie bymekaar nie. Die hitte van jou hande hou die botter sag en help dat die deeg bymekaar kom. Indien die deeg nadat jy dit ‘n rukkie gemeng het met die hande nie bymekaar kom nie, kan jy bietjie melk of ‘n klein eiertjie bysit, maar pasop vir die deeg te slap maak.
Wanneer die deeg ‘n lekker bol vorm, rol in ewe groot balletjies, plaas op gevoerde, gesmeerde bakplaat en druk effe platter met vurk. Bak 15 minute tot gaar en koel af op afkoel rakkie.
Smeer die volgende vulsel tussen-in as verkies.
Vulsel:
Klits saam 250 gr pak versiersuiker
125 ml sagte botter
en 1 teelepel vanilla geursel
of
Ria Crouwcamp-Jacobs Hier is ‘n vulsel wat my ma altyd gebruik het vir haar vlakoekies. 250 g margarien 500 g versiersuiker 2 eetlepels kondensmelk 1 tot 2 teelepels vanilla essence. Room alles goed saam






