

KERRIE-WORTEL-BOONTJIE-PRUIMSLAAI
Resep kan aangepas word volgens smaak.
500 g wortels in wieletjies gesny
500 g gekerfde boontjies
500 g pruim in stukke gesny (met skil en al)
2 groot gesnipperde uie
700 g suiker
1 teelepel sout
2 teelepels kerrie
3 teelepels borrie
½ teelepel rooipeper
1 teelepel mosterdpoeier
½ koppie asyn
2 hoog eetlepels Maizena
Stowe pruim apart met van die suiker maar nie te sag. Hou eenkant.
Voeg res van bestanddele behalwe Maizena, alles in pot met bietjie water en kook tot nog effens krakerig.
Maak Maizena aan met bietjie koue water, voeg by en kook net tot stropie dik is na smaak.
Voeg gestoofde pruime by en meng net liggies deur anders roer vrugte te fyn.
Bottel en bêre.
Heerlike vakansieslaai.
Die pruim gee slaai ‘n heerlike vrugte geur.
Resep en foto: Cornelia Schlechter






