

ADRIAN SE GEKRUIDE HOENDER QUICHE
Vir die vulsel:
3 hoenderborsies
110g bacon stukkies
1 medium groot ui
250g gekapte sampioene
5 geklitste eiers
2 eetlepels gladde maaskaas
1 teelepel elk van die volgende:
mixed herbs
Italian herbs
Oreganum
‘n knypie rooipeper na smaak
sout na smaak.
gerasperde kaas om bo-oor te strooi.
Vir die kors:
250g gewone koekmeel
100g botter gesmelt
2 eier gele liggies geklits saam met 30ml water. (Die wit van die eiers is by die 5 eiers vir die vulsel gevoeg.)
Vulsel:
Kook die hoender gaar met die kruie, sout en peper daarby en sny of breek in klein stukkies. Braai die uie tot sag en voeg die bacon en sampioene by. Roerbraai tot gaar en meng met die hoender. Klits die eiers en meng met die maaskaas. Hou eenkant.
Kors:
Plaas die meel in ‘n mengbak en voeg die gesmelte botter daarby. Meng deeglik en voeg die eiergele daarby. Meng goed en knie vinnig tot ‘n sagte deeg vorm. Indien te slap, voeg bietjies meel by tot ‘n sagte maar hanteerbare deeg vorm. Maak ‘n bal, draai toe in kleefplastiek en plaas in die yskas vir 30 minute. Rol die deeg uit en voer ‘n quiche pan of oondbak daarmee uit. Geen blindbak is nodig nie.
Skep die hoendermengsel op die deeg en versprei eweredig. Giet die eiermengsel oor en bestrooi met kaas. Bak by 180ºC vir 35 minute of tot die vulling gestol het.
Bron: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete.
One thought on “ADRIAN SE GEKRUIDE HOENDER QUICHE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Geskuif