
GROOT MAAT CHOCOLATE CHIP KOEKIES
10 Koppies koekmeel (1.1kg)
500g margarien
250g choc-chips
5 ml koeksoda opgelos in
50ml water
5 ml bakpoeier
5 ml sout
1 kg suiker
4 eiers
10 ml vanielje
Smelt die margarien, klop die eiers en suiker voeg die margarien by dan die koeksoda mengsel.
Meng al die ander bestandele by.
Maak balletjies, sit op gesmeerde bakplaat.
Druk effens plat met vurk.
Versier met rooi kersies of smarties.
Bak vir 10 minute by 190ºC.
BRON: Michelle Nel






