WILDSLEWERSMEER-PATEE
1 wildslewer, ontvlies en in stukke gesny
500 ml botter
2 groot uie, gekap
15 – 20 ml sout
10 ml bruinsuiker
knippie van elk: neut, naeltjies en peper
25 ml brandewyn
Soteer uie in die een helfte van die botter. Hou eenkant.
Bak nou die lewer in die ander botter tot gaar.
Maal nou die lewer en uie baie fyn.
Voeg al die ander bestanddele by en meng deeglik.
Maal alles weer vir ‘n tweede keer.
Plaas in glashouer en bewaar in die yskas.
Foto: Chantelle Combrink
Chantell Combrinck:
Het die patee gemaak met eland lewer en fotos geneem. Regtig lekker.