SPINASIE SPEK EN FETA RING
1 ui, fyngekap
1 pakkie spekstukkies
± 500 gram spinasie, gedreineer
1 eetlepel botter
3 skywe Fetakaas, gekrummel
sout en grofgemaalde peper, na smaak
2 eetlepels Worcestersous
1 geklitste eier
Braai uie tot deurskynend. Voeg spekstukkies by en braai tot gaar. Meng deur met fyngekapte spinasie. Voeg sout, peper en Worcestersous by. Meng goed. Laat afkoel. Voeg gekrummelde Feta en geklitste eier by en meng goed.
Rol die skilferkors uit. Neem ‘n lekker groot bord. Ek het groot glas pizza borde. Sny 2 sirkels uit. Plaas die eerste sirkel op die bakplaat, skep van die vulsel in die middel en op die kant in ‘n sirkel (kyk die tweede foto). Los ‘n spasie oop tussen die middelste vulsel en die kant se vulsel. Smeer die opening tussen die middelste vulsel en die rant met eiermengsel. Plaas 2de sirkel bo op vulsel. Druk poedingbakkie oor die middelste vulsel en dan die rante vas. Sny in skywe en draai n bietjie sodat die vulsel na bo wys.
Bak by 180 ºC. Dink dit was so om en by 25 of 30 minute.
Foto: Petré van Jaarsveld
geskuif