
RAAD VIR KRAMPE
Adele Scheepers – Hi. Nie ‘n kos vragie nie maar hoop iemand kan help met boere raat. Ek het heel aand krampe in my kuite gekry en kry nogsteeds. Kan skaars loop. Enige raad hoe om dit beter te maak asb?
Rina Kleinhans – Dalk maar DR of apteek toe gaan dat hulle vir jou ‘n aanvuller gee, dit is een of ander tekort. hoop jy kom reg sterkte
Michelle Joubert – Magnesium en Calsium in oormaat!! Het dit ook gekry toe ek swanger was en dit het regtig gehelp!
Cecilia Hunwick – Drink tonic water. Dit help regtig. My man het dit vreeslik gekry & dit gedrink & krampe weg. My mammie was ook op allerhande pille & ek stel toe dieselfde voor, nou slaap sy weer snags. Probeer dit maar gerus
Erina Dell – Drink jy dalk enige kolestrol tablette want hulle kan jou vreeslike krampe gee, ek het dit so gehad en toe moes hul my pille verander. Anders Magnesium probeer word.
Heibre Schronen – Ek sukkel ook met krampe. Was eendag by ‘n maraton gewees- nie deelgeneem nie- Paramedic gee toe die raad vir my. Coke en Eno. Half glas Coke en bietjie eno. Pasop dit kook baie sodra dit minde kook drink dit. Dit help binne sekondes. Hoekom weet ek nie maar dit werk. Het gereeld 500ml Coke en Eno.
Wilhelmus Labuschagne – Slow mag tablets die beste
Brenda van den Heever – Adele, dis ‘n mineraal te kort in jou liggaam, probeer om ‘n kwart tee lepel Himalayan Pink Salt elke aand te drink met ‘n halwe glass lou water, volg dit op met ‘n glass koue water. Himalayan Pink Salt bevat 54 minerale wat goed is vir jou liggaam. Ek het amper 20 jaar lank gesukkel met krampe in my bene, vandat ek oorgeskuif het na Himalayan Pink Salt het ek geen kramp nie. Hoop jy kom reg.
Martin Roux – Eet eenvoudig net n piesang voor jy slaap! Moenie geld mors op pille nie! Piesangs is hoog in potassium! Jy kan ook n aartapel eet dit is even hoer in potassium en vitamin C. En eet dalk minder sout dit word grootliks deur sodium veroorsaak en sout het is net sodium
Nadia Rust – Beste raad wat ek al gekry het en gebruik is om aartappels in soutwater te kook tot dit gaar is en dan die water af te laat koel en te drink… Nie baie lekker nie maar dit werk regtig
Jesicha Carlson – Eet bietjie sout.Ek het dit erg gekry met al twee swangerskappe.
Debbie Charlton Cunningham – Please go and have your blood sugar tested. I was getting cramps for some time and taking all tablets recommended over the counter. Turned out that I was Diabetic and this was a warning sign.
Elmarie Laubscher – As jy krampe kry, sleg slaap en maklik skrik, is dit n sout tekort… ek het dit jare terug so gekry. Ek drink nou miracle magnesium olie, en dis iets van die verlede.
Adele Scheepers – Dink nie die sout is die probleem nie. Ek eet nie regtig soet goed nie en sout on my kos of snacks. My bloedsuiker en bloed druk is ook reg. Het nou die coke en enos probeer. Krampe darm weg. Sit nou net met die pyn wat agter gebly het daarvan. Baie dankie vir almal se raad.
FOTO GELEEN BY HUISGENOOT






