HENNIE SE PORK BELLY
Ek sny die porj belly se spek in diamant vorms soos op die foto. Dan gooi ek soya sous en speserye op die vleis kant en sit knoffel en lourierblare op en vou dit dubbel. Laat staan oornag in die yskas. Die volgende dag sny ek so drie uie in skywe en sit dit verspreid in ‘n kasserol. Sit paar knoffelhuisies tussen die uie. Plaas die vleis bo-op met die spek bo. Druk die spek droog met handdoek papier en gooi baie growwe gemaalde sout op. Vryf in die spek in .Verhit die oond op 240 grade en plaas die kasserol in die warm oond vir 15 minute.
Meng dan so 400ml wit wyn met 100ml water en gooi in die kasserol totdat dit net onder die speklaag van die pork belly is. Stel die oond af na 160 grade en bak vir 3 ure. Sit dan die oond op grill en hou hom dop. Die spek sal uitpof. Sodra dit bruin genoeg is volgens jou smaak, is dit reg.
FOTO EN RESEP: Hennie van Deventer








