

HENNIE SE LEKKER MELKKOS
Melkkos. Koningskos.
Kook melk, hoeveelheid hang af hoeveel mense jy het. Ek vat n liter.
Een koppie meel,
10 ml bakpoeier en bietjie sout na smaak
Meng dit en frummel botter in. Vat 2 eiers en skei die geel en wit. Roer die geel in die meel in. Bring melk tot kookpunt en meng bietjie melk in die meel mengsel in. Roer dit in die melk in en prut vir 15 minute. Vou die eierwit in en bedien met kaneelsuiker.
BRON – Hennie van Deventer






