GESTOPTE SOETRISSIE OP DIE BRAAI
Een groot green sweet soetrissie. Sny die koppie mooi uit vir hergebruik en krap die ergste wit en pitte uit.
Ek het saam gemeng
Een groot gesnipperde bruin sampioen en
twee kleingekerfde uitjies
n kwart teelepel chillie flakes
n bietjie sout
asook een van my gunsteling worsies se uitgedrukte vleis
Stop dan die rissie vol met die aangemaakte mengsel en plaas die koppie weer op sy plek. Braai oor stadige kole vir omtrent n driekwart uur deur gereeld in die rondte te draai. Skud n bietjie vye balsamiese reduction bo oor en geniet !!
Bron en foto: Gideon Louw
Johanna Vermaak
Gideon Louw, ek maak dit ook, met verskillende vulsels. Ek het een keer maalvleis gaargemaak, tamatiepasta. Na smaak, pietersielie, grasuie en wortels baie fyngerasper en dit in voedselverserker gemeng. Ek het die uitgeholde peppers gestop, dekseltjie teruggesit en kaas bo-oor gestrooi en in oond gebraai totdat kaas mooi gebak is…..as voorgereg gebruik….mooi op bordjie met garnering bedien








