

BOEREWORS EN MAALVLEIS IN COCA COLA GEBRAAI
Bak die boerewors in ‘n pan met coca cola in plaas van olie, haal dan die wors uit en braai die maalvleis dan in die sous wat agterbly van die wors,meng als in ‘n kastrol en voeg by een blikkie braai relish,een blikkie gemengde groente en gesnyde aartappels.
Gooi dan coca cola by in plaas van water om dit verder te kook, voeg speserye, sout, peper, ‘n bietjie worcester sous en blatjang by, meng dit deeglik en laat kook tot aartappels lekker sag is.
Resep en foto: Johandré Nortjé






