

VEGETARIESE HERDERSPASTEI
50 g sampioene gesny
3 knoffeltoontjies
500 g gemengde bevrore groente
1 blik tamaties
15 ml origanum
80 ml room
1 blik botterbone gedreineer sout en peper
kapokaartappels vir bo-op
Stel oond op 190ºC.
Roerbraai al die groente en prut vir ‘n rukkie, roer room by.
Bone kan fyngemaak word as jy dit verkies.
Voeg die groente mengsel in diep oondskottel, skep fyn aartappel bo-oor en bak so 25 min.
Lekker met volkoring brood en slaai.
Resep geplaas: Maude Kate Potgieter Bester






