SARDYNSKOTTEL
4 middelslag aartappels, geskil en in skywe gesny
1 blik 425 g sardyne in tamatiesous
1 ui
1 kook appel (ek soma ‘n gewone appel gebruik)
knippie peper
knippie gemengde kruie
15 ml botter
sout na smaak
Voorverhit oond tot 200ºC.
Smeer pasteibak.
Rangskik van die aartappels op die boom en teen die kante.
Vlok die vis en skep op aartappels.
Maal en meng die ui en appel en skep bo-op.
Geur met sout, peper en kruie en bedek met oorblywende aartappels.
Verf die botter bo-oor en geur met sout.
Bak 35 min.
HEERLIK!
Nota: Lekker ligte maal! Jy kan die aartappels in “chips” ook sny en bo-oor strooi. Lyk net so mooi en smaak lekker!
FOTO: Benhet Nieuwenhuis









lekker ligte maal!! jy kan die aartappels in “chips” ook sny en booor strooi! lyk net so maak en smaak lekker!