PETRE SE STEAK AND KIDNEY PIES
18 tot 24 diep bakkies … vlakker bakkie gaan jy meer uit kry
Gebruik gekoopte Puff Pastry – maak 6 uir een rol
2 kg goulash ( kleinerige blokkies gesny)
1 kg niertjies
1/4 koppie worcestersous
3/4 koppie water
Stoom goulash, worcestersous en water vir 20 minute saam. Sny niertjies in blokkies .. (Kan dit klaar gesny by die slaghuis kry). Spoel deeglik af.
Kook vir n paar minute met 1 teelepel swartpeper en bietjie worcestersous.
Meng 1 pakkie bruin uie soppoeier,
1 pakkie oxtail soppoeier,
5 opgehoopte eetlepels koekmeel en
1/2 teelepel peri-peri met water tot stywe pasta.
Roer by vleismengsel in en kook vir 5 minute saam. Spoel niertjies weer af en voeg by steakmengsel.
Ek gebruik die foelie bakkies vir pasteitjies wat jy by n verpakkings instansie te koop kry … Gewoonlik maak ek my eie puffpastry, maar het deesdae ook maar lui geraak … ek koop die rolletjies … rol oop en deel die deeg in 12 ewe groot blokke. 1 rolletjie deeg maak 6 pasteitjies … druk of rol 6 van die blokkies uit om in die bakkie en tot oor die rand te pas … skep die vulsel so om en by 3/4 in, smeer eier op die rand … druk of rol van die ander vierkante uit tot net die grote van die bakkie … neem dan die agterkant van n mes en krap die rand gelyk met die bakkie … ek het dan n wieletjie met n riffel rand wat ek dan in die ronte oor stoot … smeer eier bo-oor en bak ..
FOTO EN RESEP: Petré Van Jaarsveld








