

PANDORA SE MOSSELS
36 swartmossels
1 ui, fyngekap
100g botter
750ml broodkrummels
50g gebreekte amandels, gerooster
Sout en gemaalde swartpeper
15ml gekapte vars kruie of 5ml droë kruie
60ml mosselaftreksel
Paar druppels vars suurlemoensap
Bolaag
100g botter
250ml sagte broodkrummels
60ml gekapte pietersielie
Skrop mossels skoon, stoom oop, haal uit die skulp en sny in drie of vier stukkies. Syg deur deur en behou die aftreksel. Maak stewige nessie vir 36 mosselskulpe in ‘n laag growwe sout in ‘n bakplaat sodat hulle nie omval nie. Stel die oond op 180°C. Smoor die ui in botter. Verwyder van hitte en roer die mosselstukkies, krummels, amandels, sout, peper, kruie, mosselaftreksel en suurlemoensap by. Skep die vulsel versigtig in die skulpe. Smelt die botter vir die bolaag, roer die krummels en pietersielie by en skep hierdie mengsel oor die mossels. Bak 5-10 min tot baie warm en die bolaag bros is. Rangskik die mossels op borde en garner met suurlemoen wiggies. Sit voor saam met vars brood.
BRON – Anton Fourie (LID)






