OUTYDSE BROODPOEDING
Ek wil hierdie graag hierdie met julle deel. Het gisteraand Broodpoeding, soos in die ou tyd, gemaak uit C. Louis Leipoldt se boek : Kos vir die kenner. Dit was die mooiste poeding wat ek in ‘n lang tyd geeet het. (Ek het dit bietjie verander soos dit my pas)
pak ‘n pond (500g) brood, in driehoeke gesny, in ‘n bak, met die punte na bo
Gooi baie korente oor.
Kook 3 koppies volroom melk met 150 g botter in ‘n pot, 100g suiker en ‘n knippie sout
Gooi oor die brood en gooi toe met ‘n doek. Laat staan vir 1 uur.
Roer dan in vier goed geklitste eiers, ‘n grepie neut en gerasperde skil van ‘n suurlemoen;
gooi oor die brood. En bak by 180 grade C vir 30 minute.
(Ek het nie suiker (100g) of knippie sout in die eier gegooi soos die resep se nie, maar so 3 eetl suiker oor die poeding gestrooi voor ek dit in die oond gesit het.Ons probeer minder suiker inneem. Maar dit was steeds wonderbaarlik heerlik!)
1ste Foto en kommentaar: Tania Marais
2de foto: Lelane Van Der Walt