


MAKLIKE ZOO KOEKIES
12-15 koekies
185 g koekmeel
125 g botter
60 g strooisuiker
Versiersel:
Meng 125 g versiersuiker met 1 eetlepel warm water.
Drup voedeselkleursel by en meng.
Meng meel en suiker en vryf botter in.
Hou aan met jou hande meng tot ‘n bal vorm.
Rol uit-1/2 cm dik- druk vormpies uit.
Bak 10-12 min by 180ºC.
**Laat afkoel en smeer icing op.
Icing vir Zoo Koekies
Hierdie werk en proe heerlik:
Klits 1 eierwit en 5ml suurlemoensap tot skuimerig.
Voeg 200 g versiersuiker bietjies bietjies by en klits tot glad.
Roer 5 ml gliserien by. (ek verdeel dit dan in klein plastieksakkies en gebruik gelkleursel om dit in verskillende kleure te kleur. Maak sommer klein gaatjie in hoekie van sak en gebruik sakkie om te versier).
Doen 1 kleur.
Laat stol voor jy n ander kleur opsit dan meng hulle nie.
Wenk:
Dit werk beter in warmer weer. Nat koue weer en jy sit dalk met loperige versiersel.
Bron: Denise Afonso.
Foto: Loryn Loves en Benhet Nieuwenhuis
Zelda Van Niekerk: Jy het nie nodig om gliserien in te sit nie. Dit is maar net vir bietjie blink wanneer icing hard raak. Ek gebruik net die versiersuiker, eierwit en suurlemoensap.
Zelda Van Niekerk
My resep is gewoonlik as volg: 2 eierwitte, groot squirt suurlemoensap en versiersuiker (hoeveelheid suiker hang af hoe dik jy die versiersel wil he). Die resep maak nogal heelwat versiersel. Jy kan natuurlik ook net 1 eierwit gebruik. Dan pas jy maar net die ander goed aan. As my versiersel klaar gemeng is, sit ek wit gelkleursel in en meng goed deur. Daarna sal ek dit verdeel volgens hoeveel ander kleure ek benodig en dan kleur ek met gelkleursel daarvolgens (ek gebruik meestal Barco gel kleursel, maar gebruik ook poeier kleursel)
Enige kleursel werk, ek gebruik meestal gelkleursel maar het ook al gewone voedselkleursel en poeierkleursel gebruik. Met die gelkleursel en poeier kleursels is daar net n baie groter verskeidenheid kleure beskikbaar as met gewone voedselkleursels in die botteltjies.







Geskuif
Helene Garisch – Ek het dit al gebak. Dit werk en is heerlik!
Ronelda Manny Esau
Ek het dit al 3 keer gebak, nooit my teleurgestel nie sommer ‘n bietjie fyn kaneel by een beslag gevoeg smile emoticon