MAYONNAISE EN BLATJANG TJOPS
4 vark tjops
½ koppie mayonaise
¼ koppie blatjang
¼ koppie tamatiesous
1/2 pakkie bruin uiesoppoeier
1 koppie kookwater
Braai tjoppies tot net bruin en pak in oondbak.
Meng die res van die bestanddele saam en gooi oor tjops.
Bak vir 30 min teen 200 grade C.
BRON – Mari Krige Burger
FOTO: Yvonne Vd Merwe Kotzé
Ek maak so met hoender ook.
Yvonne Vd Merwe Kotzé
Dit was baie lekker en baie sag! Tot die kids het dit gelike