MAMMA SE BAIE LEKKER VRUGTEKOEK
Dit is ‘n lekker donker koek.
Voer panne met twee lae bruinpapier en een laag waspapier
Voorverhit oond na 140-150 ºC
1 kg koekmengsel
250 g kersies
750 g dadels
neute
geglaseerde vrugte
3 koppies koekmeel
2 koppies suiker
3 eiers
2 teelepels koeksoda
250 g botter of margerien
1/3 koppie sterk koue koffie
Kook vrugte met die margerien en 2 koppies water vir 15 min.
Laat effe afkoel,roer suiker in en dan die goed geklitste eiers,
Dan meel en heel laaste koeksoda wat eers met bietjie warm melk gemeng is. Skep in panne en bak vir 2 uur of tot gaar.
Mamma gee nie die hoeveelhede vir die neute en glazed fruit nie maar ons skat so handvol van elk sal reg wees
Hou hom nat met brandewyn (of appelsap as jy nie alkohol verkies nie)
Bron: Eleanor Steyn (Isabel)








